Skip to main content

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Mediese Navorsing het kommer uitgespreek oor die vertragings wat ondervind word met die heropening van dié hospitaal se deel wat tans gesluit is weens ‘n brand wat verlede maand daar uitgebreek het.
Die meer as 2 000 COVID-19 pasiënte wat daar gehospitaliseer was, word tans in ander openbare en privaat hospitale in die provinsie behandel. ‘n Derde golf van die virus vereis meer beddens vir siek pasiënte, en al die hospitale in Gauteng ervaar ‘n reuse druk in pasiënt-toename.
Die raad se dokter, Fareed Abdullah, sê omdat Charlotte Maxeke Hospitaal, ‘n opleidingshospitaal, nie ten volle in werking is nie, word pasiënte noodgedwonge weggewys na ander hospitale. Hy bevestig wel dat alle hospitale beter toegerus is sedert die tweede Covid-29 golf. Nuwe toerusting
asook ‘n groter voorraad suurstof is aangekoop nadat hy in samewerking met 16 Gautengse hospitale na die verlangde kapasiteit vir beter behandeling gekyk het. Volgens hom gaan dokters en pasiënte in die moeilikheid wees as die hospitaal nie binnekort ten volle operasioneel is nie.
Daar is tans meer as 15 000 aktiewe covid-19 gevalle in Gauteng.

Leave a Reply