Adidas het onlangs ‘n Xhosatalige tekkie bekendgestel – maar hy word nie in Suid-Afrika verkoop nie. Hierdie tekkie bevat die woord “Uluntu” wat Xhosa is vir “menslike ras”. Tussen die toon en tong van die skoen verskyn die frase in vet grafiese letters.
Onlangse toevoegings tot die NMD-reeks kan die woorde “menslike ras” in Koreaans, Viëtnamees en Chinees gelees word. Die tekkies kom in mintgroen, roomwit, bruin en swart en geel. Die reeks word deur Adidas beskryf as Pharrell se “verkenning van tale van regoor die wêreld”.
Die nuutste weergawe, geïnspireer uit Suid-Afrika, is die eerste in blou. Ondanks die Xhosa-woord, sal dit nie in SA verkoop word nie.