‘n Skildery van Pablo Picasso is op die beroemde afslaers Christie’s se herfs-aandveiling vir $103 410 000 (R1,5 miljard) verkoop.
Voornemende kopers het 19 minute lank in ‘n uitmergelende sessie op die skildery, Femme assise près d’une fenêtre (Marie-Thérèse), gebie voordat ‘n aanlyn-koper uiteindelik met die louere weggestap het.
Picasso het die skildery in 1932 geskilder.
Die impressionis Claude Monet se Waterloo Bridge, effet de brouillard (1899-1903) is vir die tweede hoogste bedrag van die veiling verkoop. Die bod is uiteindelik op $48,450,000 (R650 miljoen) toegeslaan.
Vincent van Gogh se Le pont de Trinquetaille (1888) het met ‘n hamerprys van $39 290 000 (R554 miljoen) die derde hoogste bedrag van die veiling behaal.
Die veiling is op die internet gebeeldsend en 1.4 miljoen mense van regoor die wêreld het ingeskakel.