Skip to main content

‘n Kliniese sielkundige sien daarna uit om weer met aktiwiteite te begin nadat sy onlangs ‘n knievervanging ondergaan het met behulp van gevorderde navigasietegnologie.

Hierdie operasie, wat in die Netcare Christiaan Barnard-gedenkhospitaal uitgevoer is, was die eerste van sy soort in Suid-Afrika.

Heel toevallig het een van die pasiënt se honde, ‘n bullmastiff met die naam Franki, ook nie lank gelede nie ‘n knievervangingsoperasie ondergaan.

“Waarna ek regtig uitsien as ek eers weer herstel het, is die vryheid om met my honde in die bos te gaan stap en op ‘n partytjie te dans,” het Lesley Nortje (62) gesê.  Mev. Nortje se operasie was drie keer vantevore geskeduleer, maar dit moes elke keer uitgestel word as gevolg van COVID-19 se infeksiesyfers wat ‘n hoogtepunt bereik het.

Uiteindelik kon die operasie uitgevoer word met behulp van hierdie tegnologiese gevorderde stelsel wat onlangs in gebruik geneem is, sê die ortopediese chirurg, dr. Richard von Bormann, wat die besondere prosedure uitgevoer het.

Mev. Nortje vertel verder dat haar hond, Franki, ook knieprobleme gehad het en die plaaslike veearts, ene dr Grey, ‘n paar maande voor haar operasie twee afsonderlike knievervangingsoperasies uitgevoer het.

Leave a Reply